wie is ons?

nuus!

sluit aan by praag!

donasies

roodt-geskrifte aanlyn

afrikanerforum

boekwinkel 

chronologie

menings

rubrieke

opstelle

resensies

poësie

satire

mediaverklarings

aksies

skrywers

abba

skakels

briewe

uit-BEELD

uit-RAPPORT

out-STAR

KRYT

tuis

 

               argief 1

                                                                                       argief 2

                 praagbesprekingslys op yahoogroups.com

                       word deel van die gesprek!  sluit aan by praag se gespreksgroep!  stuur 'n leë epos aan praag-subscribe@yahoogroups.com

of plaas 'n mening op ons gespreksforum

                                                               

 

Onrealistiese optimisme

Vanoggend het Pieter Mulder op RSG gesê die VF+ is ten gunste van kleiner plaaslike munisipaliteite, maar beide groot metrorade en klein munisipaliteite het misluk in terme van effektiewe dienslewering en invordering van slegte skuld, en daardeur gaan die NSA-eenheidstaatsorde onder.  

Daar bestaan amper geen vaste kapitale investering in die NSA om welvaart te skep nie. Honderde biljoene rande se agterstallige projekte bestaan slegs op papier, is onakkuraat voor begroot, is oneffektief en welvaartvernietigend, of grootliks onimplementeerbaar as dit van staatskundigheid afhang.

Daar bestaan ook geen kapitale investering deur die land se inwoners nie ― mense ontspaar en verbruik kapitaal vir verbruik en bedryfsuitgawes op histories ongekende skaal. Kapitaal wat die land instroom en vir die negatiewe handelsbalans vergoed, is nie vas nie. Die NSA het 'n negatiewe handelsbalans ten midde van die grootste kommoditeitssiklus in die geskiedenis van die planeet. 

Jy het baie hoop vir die toekoms, jy is 'n vermoënde Afrikaner, en ek sukkel om jou te oortuig dat die NSA as lewensvatbare staat misluk het.

Die vriendelike Willie Spies is soos die Afrikaner, Marthinus Van Schalkwyk, ook 'n optimis. Hy glo dat 'n vriendelike ondersoekbeampte van die NSA-polisie in Kaapstad kan vorder met 'n R11m wapentransaksie-staats/ANC-korrupsie-ondersoek, sonder om sy lewe te verloor. Blykbaar het VF+ die saak aangemeld. Sou die polisie-ondersoekbeampte met die saak vorder en sterf, weet ons wie indirek vir sy dood verantwoordelik is.  

Vaughn, myns insiens getuig jou siening van hierdie bedeling en sy toekomstige bestaan van 'n onrealistiese optimisme, wat slegs deur ooglopende leuens aan relatief min potensiële VF+-stemmers voorgehou kan word. Uit die reaksies op Praaglys is dit egter duidelik, wat mede-Afrikaners daarvan dink: dis onbevredigende kak.

Groete, Jacob 

boontoe